Nadja Schulenburg van die Kamiesberge vra:
Hierdie plant kom net by ʼn seker gedeelte op die familieplaas voor.
Die ou mense het dit die Noordpool genoem, maar ek wil graag meer inligting kry, want ek kry dit nêrens op die web of in ʼn boek nie.
Die naaste wat ek wel gekry het is Euphorbia schoenlandii. Maar dit stem nie heeltemal ooreen nie.
Dave antwoord:
Hierdie fassinerende plant is Euphorbia tuberculata, wat reeds deur Van der Stel in 1685 op sy toer na Namakwaland opgeteken is.
Die volksnaam “Noordpool” is ‘n korrupsie van pol, so die regte benaming is Noordpol.
Die plant is nie endemies aan Suid-Afrika nie, en kom voor van Kaapstad tot teen die Gariep