Christo du Toit van Durbanville vra:
My broerskind in Bexley, Engeland, stuur dié foto van ‘n sampioen wat hul op hul grasperk gevind het. Is die grootte en vorm buitengewoon? En watter tipe is dit? Giftig?

Christo se foto van die ouweltjie wat hy ingestuur het.
Dave antwoord:
Beste Christo,
Sjoeka, maar dis ‘n reuse ouweltjie (puffball). Ek is seker dis die “giant puffball”, Calvatia gigantea, wat eetbaar is wanner dit jonk genoeg gepluk word.
Kyk bietjie na hierdie interessante skakel na die ouweltjies van Engeland.