Dis tyd om oor depressie te praat
8
Nov 2020

Lees meer in

Nadat navorsing opnuut gevind het 'magic mushrooms' kan depressie help verlig, bekyk Dave weer hierdie siekte wat aan talle van ons se lewens wegkalwe en besin oor alternatiewe behandelings.

Teen die tyd wanneer depressie manifesteer, is dit reeds baie laat in die heimelike vordering van die siekte.

Siekte? Ja, depressie is ’n siekte, met simptome en met ’n reeks behandelings. Hierdie behandelings kan wissel van ’n suiwer chemiese benadering, tot intensiewe sielkundige behandeling en selfs invallende mediese prosedures.

In Robertson, waar ek grootgeword het, onthou ek al te goed hoe ’n buurman, eenmaal die jaar as die rivier by ons huis afgekom het, stadig na die bruggie gestap het. Asbleek van ’n halwe leeftyd binnehuis, en netjies geklee in koordfluweel, het hy na die bruisende water gekyk, omgedraai, en dan huistoe gestap – tot volgende jaar. Eertyds was hy ’n vooraanstaande skaapboer, en terwyl hy in Australië gaan skaap koop het, het hy ineengestort van ’n verlammende psigiese aanval. Die dokters het hom opgeneem in ’n hospital, en ’n prefrontale lobotomie op hom uitgevoer.

Kyk gerus na die Netflix-reeks “Ratched” as jy die gruwelike prosedure wil aanskou.

Hier is ’n kort uittreksel:

Nog ’n stokou prosedure was elektro-stuiptrekking behandeling, waar elektriese skokke deur die pasiënt se slape toegedien is om die storm in die brein te probeer kalmeer. Vandag, met beter narkose en elektroniese beheer, word dit weer selektief toegepas.

Elektrokonvulsiewe terapie word in 1957 in die Winwick-hospitaal in Chesire, Engeland, toegepas. Die prosedure word gedoen onder algemene narkose, waarin klein elektriese strome deur die brein gestuur word, wat opsetlik ’n kort aanval veroorsaak. Dit lyk asof die prosedure veranderinge in die breinchemie veroorsaak wat simptome van sekere geestesgesondheidstoestande kan omkeer.

En toe kom gerigte medikasie.

Een van die eerste middels was die metaal lithium, ’n brutale instrument wat net te veel newe-effekte getoon het. Maar met die verskyning van serotonien opname-inhibeerders het ons ’n nuwe veld betree. Subtiel en stadig van intreding, het ons deesdae ’n magtige wapen teen depressie.

Tog wil ek dink dat hierdie soort behandeling – effektief soos dit mag wees – nie die finale oplossing vir hierdie verterende toestand is nie, want die onderliggende probleem word nie noodwendig aangespreek nie.

Oues maak terugkeer

En nou, na dekades van minagting en waarskuwings van verdiepte skade, kom eeu-oue behandelings weer na vore, met verstommende sukses.

Ayahuasca, ’n hallusineermiddel uit die reënwoude van Suid-Amerika, word tans klinies beproef, veral in Kanada, en die resultate is verstommend. Slegs een behandeling kan onbehandelbare depressie in sy spore stop.

Die stok van die Suid-Amerikaanse plant Banisteriopsis caapi word gekook om ‘n aftreksel van Ayahuasca te maak. Dit word dan gewoonlik tydens spirituele seremonies deur inwoners in die Amasone gedrink.

Dieselfde geld vir peyote, met die aktiewe bestanddeel mescaline, wat toenemend gebruik word om verslawing en depressie effektief te behandel.

‘n Peyote aan’t blom.

Ons lewe in uiters onstabiele tye, en dit wil voorkom of depressie aan’t toeneem is, bes moontlik omdat ons vermoë om akkuraat te diagnoseer mateloos verbeter het.

Ons lewe, met volgehoude spanning, in ’n omgewing waar pandemies woed, ons finansies onder druk is en verhoudings toenemend onder druk geplaas word. Juis in hierdie tye word ons getreiter deur diefstal, bankrotskap, en, sekerlik een van die mees destruktiewe gebeurtenisse, verraad.

Ek dink dit is tyd dat ons met groter openhartigheid oor hierdie problem moet praat, en nuwe behandelings ’n regverdige en etiese kans moet gun. Dit sal roekeloos wees om, sonder mediese toesig, die veld van hallusineermiddels te betree, maar ewe roekloos om nuwe en beduidende navorsing af te skryf as kwaksalwery.

Soveel mense lewe in die sleepmis van depressie en ongeluk.

Dis tyd vir verandering, en dis ook tyd dat ons alternatiewe behandelings ’n regmatige kans gun.

Elkeen van ons, ons boers en susters, het ’n reg tot geluk, of ’n mate van geluk. Niemand verstaan die eensaamheid van depressie nie, tot dit jou tref, of wanneer jy eendag, soos toorkuns, weer die lig sien, en die son op jou vel voel.

  • Sukkel jy met depressie? Kontak die Suid-Afrikaanse Depressie en Angsgroep hier.

Taal

Afrikaans AF Dutch NL English EN French FR Italian IT Portuguese PT Russian RU Spanish ES Xhosa XH Zulu ZU

VRA VIR DAVE

Video: waaroor baklei dié bye?

Twee mannetjie-skrynwerkerbye stamp kop oor territorium

Vreemde kersie by Pearly Beach

‘n Leser vra na ‘n interessante rooi kersievrug, en vra of dit eetbaar is.

Leser vra: Siekte by spinasie?

Overwagte siektes kan by spinasie opduik. Hier is ‘n kortpad na behandeling.

HERINNERINGE

Dave onthou die Tulbagh-aardbewing

Die nag van die aardbewing het ‘n ander verhaal hom doodluiters op Robertson afgespeel.

Blommetjie gedenk aan my

Dave onthou Ouma Lily, die naeltjies van Robertson en die rite wat moet bly bestaan.

VERKENNINGS

Video: Die hemel is op Spookfontein

’n Naweek op die wynplaas Spookfontein wys mens weer waar die hemel kan wees.

Avokado’s in ’n neutedop: Wat jy in gedagte moet hou

Dis verstommend hoeveel navrae ek ontvang oor probleme met avokado-bome. Hier is ‘n paar riglyne om suksesvol met hierdie boom om te gaan.

Vreemde vlieënde voorwerp? Nee, dis lensiewolke!

Nee, dit is nie ‘n vreemde vlieënde voorwerp nie. Dit is eintlik ‘n baie natuurlike verskynsel, hoewel dit raar is.