- Opgedateer op 13 Januarie 2020:
Dit het aan die lig gekom dat die middel ivermektien reeds voorheen in Suid-Afrika geregistreer en goedgekeur is vir menslike gebruik.
Maar voor jy haastig raak, lees duidelik: die aktiewe bestanddeel – ivermektien – wat ook te vinde is in Ivomec vir antiparasitiese doeleindes in diere, is in ’n ander vorm, waarskynlik as pilvorm, in die verlede goedgekeur.
Beteken dit Ivomec, die dieremiddel is veilig vir menslike gebruik?
Die wetenskap is hieroor onseker.
Ek raai dus op die stadium mense aan om nie hierdie ongetoetste middel te gebruik nie, hoe graag mense ook al immuun teen Covid-19 wil wees.
Maar terselfdertyd moedig ek die beheerliggaam wat hierdie medisyne goedkeur, die Suid-Afrikaanse Beheerraad op Gesondheidsprodukte, aan om die middel daadwerklik te laat ondersoek, onderworpe aan die hoogste wetenskaplike standaarde – en met spoed – sodat mense kan weet of die vorm wat wel reeds in Suid-Afrika goedgekeur is, Covid-19 kan onderdruk. Sodoende sal dokters weet of dit veilig en doeltreffend is om dit voor te skryf.
Hier volg die oorspronklike artikel oor Ivomec, die middel wat in diere goedgekeur is vir gebruik en wat mense tot dusver begin drink het teen Covid-19:
***
Die internet is aan’t gons oor die gebruik van nie-tradisionele middels om Covid-19 te behandel. Veral met die uitbreking van die meer aggressiewe virus-variant wat in Suid-Afrika ontpop het, is daar ’n tasbare desperaatheid by mense om hierdie aggressiewe patogeen te omseil.
Natuurlik is dit te verstane, gemeet aan die dramatiese toename aan infeksies en sterftes.
Kom ons verken hierdie troebel veld.
Die eerste aspek van medisyne wat ons moet bekyk, is die wetenskap. Hier volg my eie definisie:
Die wetenskap is gesistimatiseerde kennis, wat selfregulerend is.
Kortom beteken dit dat die wetenskap ’n muur van kennis is, wat opgestawel word soos ons leer en verken. Wat dit uniek maak, in teenstelling met geloof en ander dogmas, is dat sodra nuwe kennis die oues vervang, word die muur aangepas.
Met ander woorde, die wetenskap is wat ons weet, die waarheid.
Sedert die uitbreking van die pandemie het fopnuus ’n swetterjoel kitskure aangebied, van die absurd, soos bleikmiddels, tot onbewese kure soos Ivomec.

Ivomec
As dit by die mediese wetenskap kom, is die bedryf uiters versigtig om nuwe middels vry te stel, en die toetsfase is onderworpe aan rigide protokols, by name die bekende dubbelblinde toets:
A double blind test is a scientific test in which neither test subjects nor administrators know who is in the control group and who is in the experimental group. The intent is to create an unbiased test environment, ensuring that the results of the testing are accurate and will stand up to analysis by other members of the scientific community. The concept of a double blind test is an excellent example of the scientific method, since it aims to be entirely objective and potentially repeatable.
Tot tyd en wyl hierdie “nuwe” middels volledig getoets is, kan ons met geen sekerheid sê of dit sal werk nie. Dit staan enigiemand vry om enige middel te probeer, maar intussen is sosiale afstand, maskers en handewas ons enigste redding.
Vertrou dus die wetenskap, bowenal, voor jy jou en jou geliefdes vals hoop gee.
- Lees ook die artikel op SAHPRA se webblad.