Die dag as ‘n Springbok jou tuin invaar…
24
Aug 2021

Lees meer in

As jy nou wel Springbokke in jou agterplaas aanhou, dan is hier raad. Lees hier…

Marita Smith van Pretoria Oos vra:

Middag Dave.

Ons woon op ‘n plot met die kosbaarste diere soos Springbokke, Njala’s, Rooibokke en vele meer. Die probleem is egter, ons kan nie tuinmaak nie, hulle vreet alles op. Wat kan ons plant wat hulle nie sal vreet nie. Baie dankie!!

Dave antwoord:

Beste Marita,

Waar die mens en die natuur bymekaarkom, byna soos die ekotoon van twee plantegroeitipes, is kanse goed dat een of ander konflik sal opduik. Hier is ’n klassieke voorbeeld van hierdie soort interaksie, waar geliefde wildspesies die tuine van inwoners in ’n gemeenskap erg verniel. Die eerste, en logiese opsie is om natuurlik nie tuin te maak nie, en die wild vrye teuels te gee. Maar natuurlik wil mense ook ’n eie groenigheidjie langs die huis aanhou.

Onlangs het ek ’n klassieke Duitse raat geplaas wat plantvreters veskrik, maar, dit slegs ’n tydelike oplossing want die middel was af met reën. Die eerste prys is alyd ’n natuurvriendelike oplossing.

Die tweede tegniek is om ’n diskrete elektriese heining aan te bring, wat spesefiek op die probleemdier gemik is, maw, dit hoef nie noodwendig ’n opsigtelike “klassieke” heining te wees nie.

 

Daar is egter ’n ander moontlikheid, en dit is om ’n heining met doringplante aan te plant, wat dan as fisiese buffer dien tussen die “tuin” en die “veld”. Die grootste probleem sal egter wees om die plante groot genoeg te kry sodat hul onafhanklik kan groei. En hier her Suid Afrika twee trotse doring-heiningplante. Die eerste, een van my gunsteling inheemse plante, is die Num-num, Carissa macrocarpa (groot vrug). Immergroen, met pragtige blink blare, stervormige blomme wat op ’n haar na jasmyn ruik, en vrugte wat die allerlekerste jellie maak.

’n Tweede kandidaat is Kei-appel, Dovyalis caffra, met seersteek-dorings, ook immergroen, en met vrugte wat ’n baie besonderse jellie maak. My raad is dus om ’n skerm te vorm van plante met geniepsige dorings, met ’n bonus van eetbare vrugte en jellie.

 

Sondagtafel: Vroeë paasfees

Sondagtafel: Vroeë paasfees

Dave kook ter herinnering aan sy ma met eenvoud as sy riglyn. ‘n Vroeë paasfeestafel is gedek in die tuin.

Dave se Sondagtafel

Dave se Sondagtafel

Vandag kook ek met aspersies in pruscuitto, wortels en aartappels by persie-boud, en vir nagereg klassieke Engelse fool.

VRA VIR DAVE

Die dag as ‘n Springbok jou tuin invaar…

As jy nou wel Springbokke in jou agterplaas aanhou, dan is hier raad. Lees hier…

How to get rid of cockroaches in an ecologically friendly way

Follow this advice if you want to get rid of cockroaches without any unnatural poisons.

Reader asks: Can you identify this awfully ugly bug?

This little bugger is not what it seems to be.

HERINNERINGE

Vergete resepte – nes jou ouma dit sou maak!

Almal het ‘n ouma of ma wat ‘n dis kon gaarmaak en optower – en wat ons nooit meer vandag maak nie – maar wat ons vir altyd sal onthou.

Dave onthou kinderdae, die ritueel van blomme pluk en sy geliefde Ouma

Ou, bekende reuke neem Dave terug na sy kinderdae en sy geliefde Ouma Lily.

Hoe ons aardsheid ons wyse bepaal

Ek het in trane uitgebars, want in my geil verbeelding het daar ’n dooie hondjie gelê in elke bos riete, biesies en ruigte…

VERKENNINGS

Die disrespek en boewery van ons begraafplase

Die skending van ons begraafplase is iets wat aandag moet kry.

Beleef die natuur en die reukruim met Dave

Dave reël gereeld uitstappies met groepe wat belangstel om hul eie wilde sampioene te versamel asook praatjies oor parfuum.

All the photos from the coldest night of the year

Judging by these photos, it was indeed a cold night.