Die hele ding het begin toe ek skielik aan die wonderlike tye gedink het toe ek nog in die suide van Chile gewerk het. Die Chilene bedien, tussen skottels, ’n mondverfrisser genaamd pebre. Eintlik is dit ’n salsa, en ek het toe besluit om dit as voorgereg te bedien, en by name, my eie weergawe daarvan. As hoofgereg het ek besluit op seekos-gumbo, daardie hemelse Kreoolse trooskos.
Voorgereg: pebre
Klein, volryp tamaties
Salotte
Appelasyn
Rooi Piquillo-peper (enige vars rooipeper kan instaan)
Sout en peper na smaak
Halveer tamaties en plaas in glasbak. Sny salotte ragfyn, meng in by tamaties. In ‘n versapper, maak een rooipeper fyn, en vou in die tamatie/salotmengsel.
Bedek met appelasyn, met sout en peper na smaak, en los oornag in yskas.
Die klassieke resep bevat ook fyngekapte koljanderblare, maar dis riskant as gaste nie hiervan hou nie.

Hoofgereg: seekosgumbo
4 eetlepels botter
Kwartkoppie meel
Een groot ui (ek het weer salotte gebruik)
Klein groenpeper
Baie fyngemaakte knoffel
Cajun-speserye (Woolworths verkoop ’n besondere Cajun-mengsel)
Sout na smaak
2 lourierblare
Varsgemaalde peper
Een blikkie fyngekapte tamatie
Hoenderaftreksel
Seekos (ek het garnale en stokvis, in blikkies gesny gebruik)
Vars okra
Gekookte rys

Oor medium hitte, in ’n swaarboompot, smelt die botter, en roer dan die meel in. Hierdie mengsel staan bekend as ’n roux. Die geheim is om dit deurlopend te roer, todat die beslag ’n karamelkleur aanneem, en effe neutagtig begin ruik.

Voeg nou uie/salot, groenpeper, okra, knoffel, Cajun-speserye, lourierblare en tamatie by, en stowe stadig vir een uur. Hier kom die okra na vore, en die sous word lymerig en diep. Nou word die seekos bygevoeg, en vir nog 10 minute geprut.
Bedien op warm rys.

Beide hierdie geregte vra om ’n somerwyn, by name my huidige gunsteling, Chenin Blanc. As dit by Chenin kom, troon Boland Kelders se uiters bekostigbare vonkelwyn van suiwer chenin blanc. By die voorgereg het ek hul lieflike Brut Méthode Cap Classique Chenin Blanc bedien.

Hier is hul notas:
An elegant and complex MCC with expressions of creaminess and oat biscuit flavours, delivering delicately fine ever-streaming bubbles. Gentle flavours of stone fruit, hints of tropical and guava fruits with a dash of fresh green apple flavours follow through with bright minerality and a balanced, lingering finish.

By die gumbo, Boland se unieke Chenin-versnit, One Formation Chenin Blanc/Sauvignon Blanc/Grenache.
Hul notas:
This gently wooded wine shows layers of green apple with kiwi fruit aromas. Ripe pear and melon flavours as well as green pepper notes are evident on the balanced palate, followed by a gently lingering finish. The old bush-vines of the Chenin Blanc yield ripe, creamy stone fruit flavours which are complemented by the crisp green fruit of the Sauvignon Blanc. The addition of Grenache Blanc in this blend provides richness and texture with ripe pear flavours.
Ek stem heelhartig met hul nota’s saam: beide hierdie wyne is ’n vertoonvenster wat met Chenin Blanc vermag kan word.