Clafoutis
10
Okt 2021

Lees meer in

‘n Vergete Franse nagereg. Vir wanneer jy jou gaste wil beïndruk.

Framboosbessies

 

Gisteraand het ons brood gebreek. Reeds vroegmiddag het ek ’n skaapblad in die oond gesteek, met prei, suurlemoen en seldery, en klein aartappels later ingevoeg, by daardie intense sous wat net ’n blad kan uitsweet. Die enigste bykos was plomp aspersies, met gemarineerde avokado as slaai.

 

Suurlemoen

 

Lank moes ek dink aan ’n ligte nagereg wat deur hierdie ryk smake kon sny, want ’n malva-poeding sou dodelik wees na hierdie gekonsentreerde skottels. Ek blaai deur my ma se resepte, en nét daar tref ek clafoutis, ’n eenvoudige nagereg wat ek laas in Swede geëet het, gemaak met wolkbessies. Probeer dit eenmaal: clafoutis het die perfekte balans tussen soet en suur, en met die tekstuur van Crêpes Suzette.

 

Gemarineerde avokado slaai

 

Bestanddele:

  • 3 koppies framboosbessies
  • halfkoppie suiker
  • opsioneel: fyngemaakte laventel-blomme – ek het Bourbon-vanilje gebruik
  • halfkoppie melk
  • halfkoppie créme fraiche
  • 4 groot eiers
  • knypie sout
  • 1/3 koppie koekmeel

 

 

Bourbon-vanilje

 

 

Metode:

Stel oond op 190C
Strooi ’n eetlepel suiker oor die framboosbessies, en laat rus teen kamertemperatuur.
Meng, deeglik, die suiker, melk, crème fraiche, eiers, sout, dan laastens, klop die meel in die beslag. Pak die framboos in ’n enkellaag op die bodem van ’n gesmeerde oondpan en giet die beslag versigtig daaroor. Bak vir ongeveer 35 minute, of tot die bolaag goudbruin word. Laat die poeding afkoel vir ongeveer 15 minute, en bedien met crème fraische, vla of roomys. Ek het dit met vla bedien, met komkommerkruid-blommetjies versier.

 

Clafoutis

Sondagtafel: Vroeë paasfees

Sondagtafel: Vroeë paasfees

Dave kook ter herinnering aan sy ma met eenvoud as sy riglyn. ‘n Vroeë paasfeestafel is gedek in die tuin.

Dave se Sondagtafel

Dave se Sondagtafel

Vandag kook ek met aspersies in pruscuitto, wortels en aartappels by persie-boud, en vir nagereg klassieke Engelse fool.

VRA VIR DAVE

Die dag as ‘n Springbok jou tuin invaar…

As jy nou wel Springbokke in jou agterplaas aanhou, dan is hier raad. Lees hier…

How to get rid of cockroaches in an ecologically friendly way

Follow this advice if you want to get rid of cockroaches without any unnatural poisons.

Reader asks: Can you identify this awfully ugly bug?

This little bugger is not what it seems to be.

HERINNERINGE

Vergete resepte – nes jou ouma dit sou maak!

Almal het ‘n ouma of ma wat ‘n dis kon gaarmaak en optower – en wat ons nooit meer vandag maak nie – maar wat ons vir altyd sal onthou.

Dave onthou kinderdae, die ritueel van blomme pluk en sy geliefde Ouma

Ou, bekende reuke neem Dave terug na sy kinderdae en sy geliefde Ouma Lily.

Hoe ons aardsheid ons wyse bepaal

Ek het in trane uitgebars, want in my geil verbeelding het daar ’n dooie hondjie gelê in elke bos riete, biesies en ruigte…

VERKENNINGS

Die disrespek en boewery van ons begraafplase

Die skending van ons begraafplase is iets wat aandag moet kry.

Beleef die natuur en die reukruim met Dave

Dave reël gereeld uitstappies met groepe wat belangstel om hul eie wilde sampioene te versamel asook praatjies oor parfuum.

All the photos from the coldest night of the year

Judging by these photos, it was indeed a cold night.