Brian Callaghan van Magaliesburg vra:
Hallo Dave, sal ‘n Bosvark en Erdvark kan kruis, soos die spesiekruising tussen ‘n perd en donkie. Vriende het ‘n foto van ‘n bosvark wat iemand geskiet het, beweer dat dit is so ‘n kruising is, lang snoet en tong met geslagstelsel wat nie ontwikkel het nie.
Dave antwoord:
Beste Brian, ek is oorval met navrae oor ‘n foto wat die ronde doen, waarin die “verteller” spekuleer dat dit ‘n kruising tussen ‘n bosvark en erdvark is. Só ‘n kruising is absoluut onmoontlik omdat hierdie diere uit totaal verskillende ordes ontstaan. Die aardvark kom uit Tubilidentata, is monotipies, maw slegs die een spesie in hierdie orde, en die bosvark uit die orde Artiodactyla, (gelyk-toniges) met ‘n swetterjoel verwante genera en spesies.