Blommetjie gedenk aan my
29
Aug 2020

Lees meer in

Dave onthou Ouma Lily, die naeltjies van Robertson en die rite wat moet bly bestaan.

Hoe Ouma Lilly geweet het dat die naeltjies blom, sal die hemel alleen weet.  

Lapeirousia piramidalis

Haar huis was altyd donker, die wynrooi gordyne getrek teen die helder lig van Robertson. En dan, op ‘n Saterdag-oggend het sy, ex cathedra, aangekondig dat ek en Oupa Boy die emalje-emmertjies uit die spens moes gaan haal, en met ‘n aksie water oor die bodem, gaan naeltjies pluk.  Wat sy nie geweet het nie, is dat Oupa en ek al weke gewag het op die bevel.

Met ‘n bottel soet koffie, toegewikkel in bruinpapier, het ons pad gevat – deur Hopley-laan, oor die Willemnelsrivier, verby die “kerkhowwe” en dorpsmeent, na die voetheuwels van Wolfkloof.  Teen vroeg-lente het die “tulpe” al kop uitgesteek, daar was ghielemienkies (rooivin varswatervissies) in Wolfkloof se helder stroom, en bobbejaansnuif onder die bloggembome langs die pad.

By die kruithuisie het ons gerus, met koue koffie uit die bottel, en van Oupa se gedroogde perskes in ‘n meelsakkie.  Dan het die soekery begin.  Die poeierbloublommetjies is knap teen die grond afgeknip met die duim en voorvinger, en in die emmertjie neergelê, versigtig, want Ouma was vol fiemies dat die blommetjies nie moes kneus nie. Met ons emmertjies vol blommetjies, ook hier en daar ‘n soekende basie (wilde freesias) het ons dan trots teruggestap huistoe.

Ouma het ‘n portrooi Murano-glasbak uit die muurkas gaan haal, so halfduim water ingegooi, en dan, met groot versigtigheid, die naeltjies ingepak.  Sy het die gordyn van die groot sitkamervenster op ‘n skrefie oopgetrek, en die glasbak dan op die vensterbank neergesit.  In die ligskag het die naeltjies soos ‘n gasvlam in die skuinslig gegloei.  Geleidelik het die hemelse geur deur die hele huis gesypel.  Sovêr ek kan onthou, was dit Ouma Lilly se enigste toegewing aan die veld.

Waarna ruik naeltjies?  Robertson se naeltjies (Lapeirousia piramidalis) ruik na geen ander blom op aarde.  Die naaste wat wat ek hieraan kan kom is Coty se hemelse Masumi, ‘n parfuum uit die sestigs.  Stel jou voor; violette, karamonk, en dalk ‘n riggel van spanspek, en jy kom dalk naby.  Meer klinies, vermoed ek alpha- en beta-ionone, linalool en (E)-osimeen, al drie wat in fressias voorkom.

Voor ek sterf wil ek my kinders veldtoe vat, en hierdie rite by hulle vestig.  

Want ons bestaan, omdat ons onthou.

Taal

Afrikaans AF Dutch NL English EN French FR Italian IT Portuguese PT Russian RU Spanish ES Xhosa XH Zulu ZU

VRA VIR DAVE

Video: waaroor baklei dié bye?

Twee mannetjie-skrynwerkerbye stamp kop oor territorium

Vreemde kersie by Pearly Beach

‘n Leser vra na ‘n interessante rooi kersievrug, en vra of dit eetbaar is.

Leser vra: Siekte by spinasie?

Overwagte siektes kan by spinasie opduik. Hier is ‘n kortpad na behandeling.

HERINNERINGE

Dave onthou die Tulbagh-aardbewing

Die nag van die aardbewing het ‘n ander verhaal hom doodluiters op Robertson afgespeel.

Blommetjie gedenk aan my

Dave onthou Ouma Lily, die naeltjies van Robertson en die rite wat moet bly bestaan.

VERKENNINGS

Video: Die hemel is op Spookfontein

’n Naweek op die wynplaas Spookfontein wys mens weer waar die hemel kan wees.

Avokado’s in ’n neutedop: Wat jy in gedagte moet hou

Dis verstommend hoeveel navrae ek ontvang oor probleme met avokado-bome. Hier is ‘n paar riglyne om suksesvol met hierdie boom om te gaan.

Vreemde vlieënde voorwerp? Nee, dis lensiewolke!

Nee, dit is nie ‘n vreemde vlieënde voorwerp nie. Dit is eintlik ‘n baie natuurlike verskynsel, hoewel dit raar is.