Met die aanvang van ons Kaapse winter verskyn sampioene soos manna, oornag. Dave reël gereeld uitstappies met groepe wat belangstel om hul eie wilde sampioene te versamel. Ons leer van uitkenning, versameling, en veral oor die verskil tussen giftige en eetbare sampieone. ’n Oggenduitstappie vir die hele gesin.
Dan met lente, is daar ook velduitstappies in fynbos en renosterveld, waar ons die glorie van die Kaapse fynbos verken. Weereens, ’n oggenduitstappie vir die hele gesin.
Nog ’n aanbod is die verkenning van parfuum. Dave het ’n reuse-versameling van skaars en unieke parfuums, en gewoonlik is daar ’n tema per lesing. Soos parfuums vir die winter, vir die somer, blomgeure, groen-geure ens.
Ten tye van Covid-19 word alle protokols nagekom, en groepgroottes word beperk.
Sampioen-en velduitstappies is seisoengebonde, maar parfuumpraatjies kan enige tyd bespreek word. Aankondigings en besprekings sal via my webblad gemaak word.