
Plaasbrood gebak in panne van ou petrolkannetjies
Die dag wanneer my ma soetkoekies gebak het, het die huis tot stilstand gekom. Lank voor dagbreek is die houtstoof “opgesteek”, oondpanne is met gansvet ingesmeer, en die groot emalje-mengbak het op die tafel gestaan, die deeg reeds aangemaak. Net voor die laaste knie van die deeg, het my ma rooibolus ingemeng, om sommige koekies ’n gemarmerde voorkoms te gee. Skielik het ek daaraan gedink dat min mense eers weet wat rooiblous is, en nog minder het dit proe. Kook iemand nog siterkonfyt, wie bedien nog melksnysels, en wie maak nog gemmerbier, met geswolle rosyne wat bo-op die gissende bier drywe? Wie maak nog ware moskonfyt, en wie suur nog brooddeeg in met artappelskywe?

My ma kook siterkonfyt
Dít bring my by hierdie versoek: ek hoor graag van my media-vriende of hulle nog sulke vergete resepte het, en meer belangrik, of hulle hierdie kostradisie nog voortsit. Mens dink aan ’n magdom disse (skottels, soos Leipoldt dit genoem het), nageregte, soetgoed (Mevr von Tulleken het ’n wonderlike resep voorgehou: “Toetsie se gemaklike koek”), drankies, veldkos ensomeer.

Soetsuur pere
Kom ons bewaar onse kosgeskiedenis deur dit neer te skrywe en aan te stuur, want sou ons dit nie doen nie, sal hierdie Afrikaanse kulktuurskat verlore gaan.

Tuisgemaakte paasbolletjies
Stuur u vergete resepte hier