Aardbewing skud naby SA kus
26
Sep 2020

Lees meer in

'n Aardbewing het die kus aan SA getref. Lees hier wat jy kan verwag.

‘n Aardbewing van 6,1 sterkte het in die see suidoos aan die Suid-Afrikaanse kus omstreeks 19:10 Saterdagaand getref.

Die skudding is daarna eers sowat ‘n uur en ‘n half later in dorpe en stede al langs die kuslyn, maar veral in die Wes-Kaap, gevoel.

Lees nou: Naskokke tref Kaap!

Die ligging van die skudding volgens die Amerikaanse Geologiese Opname.

‘n Noodberig wat uitgestuur is kort na die aarbewing het die skudding op 6,2 gemeet. Die Amerikaanse Geologiese Opname, die liggaam wat sulke aarbewings monitor, het later die sterkte na 6,1 aangepas.

Dit is nietemin ‘n sterk skudding wat sowat 1 600 km suidoos van die land teen ‘n diepte van 10 km in die see voorgekom het.

‘n Tsoenami-waarskuwing is nie uitgereik nie. Die Suid-Afrikaanse kuslyn se vorm, wat meer lineêr in formaat is, is nie heeltemal ontvanklik vir ‘n tsoenami nie. Daarbenewens moet ‘n aardbewing op die seebodem aansienlik sterk wees – minsten 7,0 – om so ‘n groot liggaam water te kan versit.

Daar kan wel swellings en deinings wees en die seevlakke sal ook na verwagting styg.

Hier kan gesien word dat die skudding op ‘n foutlyn plaasgevind het. Die rooi lyne dui die foutlyne aan.

Tweede skudding

Daar is nou bevestig ‘n tweede skudding het die Kaap getref. Die raad vir geowetenskappe het ‘n seismiese aktiwiteit waargeneem en opgeteken, maar dis nie seker of dit onverwant is en of dit ‘n naskok is nie.

‘n Satellietbeeld wys waar die raad vir geowetenskappe die tweede skudding opgeteken het.

Wat kan jy verwag?

  • Naskokke: Naskokke kan voorkom en word verwag. Dit kan in die volgende paar ure tot selfs dae voorkom. Geboue met swak strukture kan dus verder beskadig word en daar word gewaarsku dat mense nie na hierdie geboue terugkeer nie.
  • Infrastruktuur: Skade en ontwrigting aan infrastruktuur kan verwag word. Daar is nog geen nuus dat dit wel die geval is nie.
  • Nooddiens: Luister na al die raad en noodberigte van nooddienste.

Wat sê mense wat dit gevoel het?

Groot geraas. Geklink soos ‘n ontploffing. My hond het nog nie ophou kerm nie. (Kaapstad)

Hierdie persoon het dit vir 5 sekondes gevoel:

Die skudding en geraas het vir sowat 5 sekondes geduur! Huis het geskud, die dak het gekraak en ons kon dit onder ons voete voel. (Kaapstad)

Hierdie skrywing sal opgedateer word namate nog nuus bekend word. Hou dus my blad dop.

Het jy die skudding gevoel? Deel jou ervaring en van waar jy skryf hier onder in die kommentaarafdeling.

VRA VIR DAVE

Eienaardige plant toe al die tyd deur Van der Stel opgeteken

‘n Leser het hierdie vraag oor wat sy in die Kamiesberge opgemerk het.

Leser vra: Wat maak die Janfrederik daar?

Die ongewone gedrag is omdat Janfrederikkies nogal territoriaal is…

Leser vra: Wat maak hierdie reuse-saad?

Jy wil sekerlik so een in jou tuin hê!

HERINNERINGE

Dave onthou die Tulbagh-aardbewing

Die nag van die aardbewing het ‘n ander verhaal hom doodluiters op Robertson afgespeel.

Blommetjie gedenk aan my

Dave onthou Ouma Lily, die naeltjies van Robertson en die rite wat moet bly bestaan.

VERKENNINGS

Video: Die hemel is op Spookfontein

’n Naweek op die wynplaas Spookfontein wys mens weer waar die hemel kan wees.

Avokado’s in ’n neutedop: Wat jy in gedagte moet hou

Dis verstommend hoeveel navrae ek ontvang oor probleme met avokado-bome. Hier is ‘n paar riglyne om suksesvol met hierdie boom om te gaan.

Vreemde vlieënde voorwerp? Nee, dis lensiewolke!

Nee, dit is nie ‘n vreemde vlieënde voorwerp nie. Dit is eintlik ‘n baie natuurlike verskynsel, hoewel dit raar is.

afAfrikaans