Suzette Oosthuizen van Stellenberg, Durbanville, vra:
Kan ‘n peperboom kroniese sinusitis veroorsaak? Het onlangs woonstel gebou naby peperboom. Nooit voorheen probleem gehad nie, maar boom is voor venster wat baie oop is. Wil nie boom onnodig laat verwyder nie.

Foto: Struik se Field Guide to trees of Southern Africa
Dave antwoord:
Beste Suzette
Die Braziliaanse peper, Shinus terebinthifolius, ‘n gevaarlike indringerspesie, word wyd aangeplant in Suid-Afrika, veral in die kurkdroeë binneland, as skadu by piekniekplekke langs ons paaie. Dit is bekend dat hierdie boom, wat na terpentyn ruik as dit blom, hewige allergiese reaksies kan uitlok by sommige mense, met simptome soos ‘n seer keel, krapperige oë en kontakdermatitis.